Woordwys – Lees met begrip

Publisher Macmillan South Africa
Print Price R 69.95
Print ISBN 9781431059836
Wanneer daar dele van Afrikaans is wat moeilik is om te verstaan, is dit wonderlik om ’n helpende hand te hê om dinge makliker te maak. Die Woordwys-reeks bied presies hierdie soort hulp aan!

Wanneer daar dele van Afrikaans is wat moeilik is om te verstaan, is dit wonderlik om ’n helpende hand te hê om dinge makliker te maak. Die Woordwys-reeks bied presies hierdie soort hulp aan! Die vyf Woordwys-boeke dek grade 4, 5 en 6, en werk deur al die grondbeginsels wat leerders nodig het vir hulle taalreis vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal:


• Woordwys – Werk met woorde
• Woordwys – Werk met sinne
• Woordwys – Lees met begrip
• Woordwys – Letterkunde
• Woordwys – Skryf


Taalonderrig vind op ’n geïntegreerde wyse plaas in die klaskamer. Die Woordwys-boeke is ontwikkel om leerders die kans te gee om een vaardigheid of konsep op ’n slag te oefen en onder die knie te kry. Dit help leerders om probleemareas te oorkom sodat dit onmiddellik in die kiem gesmoor word en nie later meer probleme veroorsaak nie.


Elke Woordwys-boek dek grade 4, 5 en 6 en werk deur al die basiese kennis wat noodsaaklik is. Kenmerke van die reeks:


• Geskryf en hersien deur Intermediêre Fase kundiges
• Voldoen aan KABV-kurrikulum
• Spreek spesifi eke leemtes in gefokusde areas aan
• Notas en/of voorbeelde aan die begin van elke afdeling om die leerder, onderwyser of tutor te help met die konsep
• Voldoende oefenaktiwiteite in elke afdeling
• Verskillende tipes aktiwiteite, volgens moeilikheidsgraad, sorg dat daar genoeg oefening vir alle grade is
• Aktiwiteite kan vir formatiewe en summatiewe assessering in die klaskamer gebruik word
• Antwoorde vir alle aktiwiteite (behalwe vir Woordwys – Skryf)
• Help leerders om die konnotasie tussen Engelse en Afrikaanse konsepte te maak Byvoorbeeld: Selfstandige naamwoord = Noun
• Antwoordspasies vir leerders om in te skryf