Fiela se Kind - die drama & 10 gedigte

Publisher Macmillan South Africa
Print Price R 169.95
Print ISBN 9780620823265
'n Opwindende nuwe letterkunde-onderrigmetode ondersteun deur AR-tegnologie vir Generasie Z.AR-tegnologie verryk ’n omgewing of situasie deur dit aan te vul met virtuele realiteit. AR-tegnologie gee lewe aan prentjies en kan meer inligting toevoeg.

Fiela se kind
- Heel eerste word die hoogtepunte van Fiela se kind interaktief met AR-tegnologie uitgelig wat die leerder prikkel om meer uit te vind.
- 'n Kort oorsig volg oor die tema, titel, karakters, struktuurelemente, tyd, konfl ik, ruimte, vertellersperspektief, motiewe, simbole en klasseverskille.
- Die woordeskatlys by elke bedryf gee leerders die nodige ondersteuning om moeilike woorde en frases in konteks te verstaan.
- 'n Reeks vorige eksamenvrae volg na elke bedryf om te verseker dat die leerder dit verstaan en deeglike eksamenvoorbereiding kry.
- Die “Toets jou Kennis” aan die einde van die drama-gedeelte sluit ’n toets oor beeldspraak in, asook 'n blokkiesraaisel en kontekstuele vrae.


10 gedigte
- Aan die begin van elke bespreking is daar plek gelaat vir leerders om die gedig in te plak of in te skryf.
- Aan die regterkant van die werkboek is plek vir aantekeninge.
- Daar is ʼn lys met letterkundige terme wat leerders help om die gedigte te ontleed deur voorbeelde van beeldspraak self in die gedig te vind.
- Die woordeskatlys vir elke gedig help leerders om hul Afrikaanse woordeskat uit te brei en woorde en frases in konteks te verstaan.
- Elke gedig het ʼn prentjie by wat met die toep op hul selfoon of tablet ingeskandeer kan word om die tema en titel van die gedig uit te lig.