Publisher Macmillan South Africa
Print Price R 146.95
Print ISBN 9781431039715
WPDF Price R 117.96
WPDF ISBN 9781431041930
Verken die wye verskeidenheid van kortverhale in Afrikaans met Spieëlbeelde. Hierdie kortverhaalbundel is veral gemik op lesers wie se huistaal nie Afrikaans is nie - maar enige leser sal hierdie lekkerlees-verhale geniet. Die skrywers refl ekteer die diversiteit van Afrikaans, byvoorbeeld bekroonde skrywers soos Chris Barnard, Anna M. Louw en Maretha Maartens; Dana Snymanmet sy fyn en deernisvolle beskrywings van ons land en sy mense; die meester van spanningsverhale, Deon Meyer; die jong skrywer Th eltom Masimila, wat reeds op 16-jarige ouderdom kortverhale begin skryf het - en nog vele meer. Die tipes kortverhale dek 'n wye spektrum, van liefdes-, spannings- en humoristiese verhale tot fi losofi ese verhale wat mens diep laat nadink. Die uiteenlopende temas weerspieël ons Suid-Afrikaanse samelewing en spreek die dinge waaroor ons wonder, dink en praat, konstruktief aan. Die bundel bevat ook hulpmiddels om die verhale meer toeganklik te maak vir sprekers van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal Graad 12: 'n algemene inleiding tot die kortverhaal as genre, voorbeelde van eksamenvrae (met antwoorde), asook lesnotas, woordverklarings, opsommings en vrae (met antwoorde) vir elke verhaal.